
Welkom by
L'Amour Heelword Sentrum
L’Amour Plaas : Gobabis








Estie de Klerk
Gebore : 02.11.1981
Oorlede: 25.02.1993
Dr. Theunis Christiaan de Klerk is op 15 Oktober 1951 op Gobabis in die destydse Suidwes-Afrika gebore, waar hy ook matrikuleer aan die Hoërskool Wennie du Plessis.
Theuns begin sy bediening in Aranos in 1978. Sy dienswerk vind dan plaas by die volgende gemeentes: Aranos vanaf 1978 tot en met 1982. Daarna verhuis hulle na Swartruggens toe en is diensbaar in die gemeente van 1982 tot 1985. Vanaf 1985 bedien Theuns Gereformeerde Kerk Rustenburg-Wes tot en met 1989. Daarna is Vryheid vanaf 1990 tot en met 1998. Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Suid beroep hom waar die predikantspaar van 1998 tot 2005 bedien. In 2005 beroep Gereformeerde Kerk Okahandja hulle waar hy dan ook in 2016 sy emeritaat aanvaar.
Dr. Theuns is die dryfveer agter die L’Amour Heelwordsentrum wat ook gevind kan word in Okahandja, waarby hy aktief betrokke was sedert sy emeritaat en waar hy steeds betrokke is.
L’Amour – plaas naby Drimiopsis. Beteken liefde. Veilige hawe.
Behoefte om genesing te bring in gebroke wêreld na Estie se drie jaar lange worsteling met breinkanker. Sterf op 25 Februarie 1993 op 11 jarige ouderdom aan breinkanker. ‘n Ondersteuningsgroep ontstaan met die doel om mekaar te ondersteun in die verwerking van ons verlies. Dit is die motivering om Beradingsentrum te begin. Droom om veilige hawe te skep waar diegene wat deur die gebroknheid van die lewe seergekry te begelei om weer heel te word en die lewe sinvol en vreugdevol met veerkragtigheid te ervaar. Droom het werklikheid in 2017 geword met die tot standkoming van L’Amour Heelword Sentrum met die samewerking van Marna Schimper. Sy stel plot beskikbaar waar Sentrum ontwikkel word. Doel is vervat in visie en misie. Wil netwerk van beraders daar stel om oral in Namibië beskikbaar te wees.