top of page

MLNP Trauma Opleiding

 

Ons maak van die nuutste teorieë in die neuro-wetenskap gebruik om die brein te help herstel na traumatiese gebeure.

Die gevolge van traumatiese gebeure:

- verander die manier van hoe ons dink

- en na die lewe

- en na mense kyk.

Die lewe (en mense en God) lyk anders na 'n traumatiese insident as voor die insident. HOEKOM?

Die brein het tydens die insident alles waargeneem en gestoor.

Dr Robert Scaer praat van 'n trauma-kapsule waarin al die triggers gebêre word.

D.w.s. die reuke, geluide, liggaamshouding, tyd vd dag en jaar, mense wat betrokke was, die omgewing ens. is in 'n breukdeel van 'n sekonde opgeneem en word vir altyd gestoor, sodat jou brein jou teen soortgelyke gebeure in die toekoms kan beskerm.

 

Tydens hierdie opleiding leer jy hoe om 'n kliënt se brein te help om hierdie trauma kapsule "op te los" sodat die triggers nie meer in die brein is nie en die kliënt weer hom- of haarself kan wees en voel.

(Baie belangrik: Die MLNP BASIC KURSUS is ‘n vereiste vir die bywoning van HIERDIE KURSUS.)

Reenboog_Trauma.png

© 2024 by Black Dawn Website Design. All rights reserved.

bottom of page