Die gesin – God se leerskool vir ‘n veerkragtige lewe
- Jakob Papenfus
- Feb 4
- 1 min read

Paul David Tripp in sy boek “Parenting – Gospel Principles that can radically change your family”, beklemtoon die volgende begeinsels.
Om te weet wat die groter prentjie van ouerskap is, moet jy eerstens weet wie jy as ouer is. Wie jy is in jou verhouding met God.
Verwerping en verkeerde ouerskap begin dikwels omdat ons uitgaan van die standpunt dat kinders aan ons behoort – eienaarskap.
Eienaar-ouerskap is selfsugtig, afbrekend. Dit beïnvloed jou denke en motivering. Dit word gemotiveer en gevorm deur dit wat ouers vir en van hulle kinders wil hê.
Kinders behoort aan God (Ps 127:3, "Seuns is geskenke van die Here,
kinders word deur Hom gegee.") vir Sy doel. God se plan vir ouers is dus dat ouers sy verteenwoordigers is in die lewe van hierdie kinders.
Ouers is verantwoordelik om hulle te vorm na die beeld van God en om hulle te
versorg. Ouers is ambassadeurs. ‘n Ambassadeur moet die boodskap, metodes en karakter van die leier wat hom gestuur het, getrou volg.
Ouerskap is dus nie wat ons VIR en VAN ons kinders wil hê nie, maar wat God in sy genade beplan om deur ons IN ons kinders te doen.
Volgende week meer oor jou roeping.


Comments