Ouerskap – jou roeping: Deuteronomium 6:4-7
- Ds. Theuns de Klerk
- Feb 25
- 1 min read

Laas het ons gesê: Ouers julle is God se ambassadeurs. Wees daarom ‘n
gewillige instrument van die genade wat red, vergewe en verander.
Een van die beginsels wat help om instrument te wees van die genade wat
verandering bring, is jou roeping.
Watter plek neem ouerskap in in jou daaglikse roetine? Gee ag op die woorde
van Deut 6:4-9; 20-23.
Dit is die waarde wat God aan ouerskap gee. God het beplan dat jy ‘n getroue instrument in sy hand sal wees om God-bewuste en God-onderdanige kinders te skep. God het die mens geskep om Hom te erken en aan sy gesag te onderwerp – ouers moet kinders daarin begelei.
Kerke en skool vervang nooit die ouer se verantwoordelikheid nie.
Volgens Deut 6 moet alle reëls en waardes wat ouers maak, gegrond wees in die
bestaan van God en in dit wat Hy in genade vir ons gedoen het. Enige iets wat jy
van jou kinders verwag, in gedrag en geloof, moet verbind word met ons
verlossing.
God se genade vir jou – vergifnis, verlossing, vernuwing moet aan jou kinders
deurgegee word. God het jou ontmoet sodat jy gereed moet wees om sy
heerlikheid en genade aan jou kinders bekend te stel. Niemand anders gee
genade soos ‘n ouer wat in nederigheid weet dat hyself genade nodig het nie.
Ons wil seergemaakte mense geestelik help heelword om weer diensbaar in die gemeenskap te funksioneer.
As jy enige hulp nodig het met verslawing, depressie, uitbranding, trauma, jou huwelik of jou gesin, kontak ons gerus.


Comments